Polisie hoop kringtelevisie sal meer duidelikheid gee oor leerder se dood

Lees ook :

Photo: Facebook

Die gr.10-leerling aan die Hoërskool Garsfontein, wie se liggaam gisteroggend (4 Julie) op die skool se rugbyveld gevind is, is as Mia Kühn geïdentifiseer. 

Volgens die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, is Kühn aan onnatuurlike oorsake oorlede. Hoewel hy aanvanklik gesê het dat die polisie moontlike oortreders in verband met haar dood sal vervolg, het hy ook later na selfdood verwys.

Die onderwysdepartement sê hulle hoop dat kringtelevisiebeeldmateriaal by die skool meer duidelikheid oor die voorval sal kan gee. 

Volgens Kühn se moeder was sy Maandag om middernag nog by die huis, maar toe sy Dinsdagoggend wakker word, was Mia nie meer in die huis nie. Haar ma het haar by die Garsfontein-polisie as vermis aangemeld toe die oproep om 08:00 deurkom dat haar liggaam deur ‘n terreinwerker gevind is.

Chiloane het gister by die skool gesê dat hulle nog onseker is oor hoe Mia toegang tot die skool se perseel verkry het. Dit is tans skoolvakansie en geen kinders is op die terrein nie.

Die Hoërskool Garsfontein het laat gisteraand op hulle Facebook-blad gesê hulle is diep geskok en hartseer oor die gebeure. Die skool sê hulle sal beradingsdienste beskikbaar stel aan enige personeellid of leerlinge wat voel hulle het berading nodig.

“Ons is saam met die familie so verskriklik hartseer en ons gebede vir versterking en vertroosting gaan uit na hulle. Dra as gemeenskap hulle asseblief ook op in u gebede en ondersteuning.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief