Polisie in Australië raak ontslae van skokstokke met kameras na dood van ouma (95)

Lees ook :

NSW polisie raak ontslae van skokstokke met kameras na dood van ouma (95)
NSW polisie raak ontslae van skokstokke met kameras na dood van ouma (95) fotokrediet: The Thaiger

Lees ook: Polisiebeampte wat vrou (95) glo geskok het kan aangekla word van moord

Die polisie in Australië het besluit om ontslae te raak van skokstokke met ingeboude kameras net weke na Clare Nowland (95) dood is na ‘n polisieman haar twee keer geskok het.

Clare Nowland, ‘n oumagrootjie met ‘n loopraam en demensie, is op 25 Mei oorlede na sy haar skedel gebreek het toe sy twee keer geskok is. Senior konst. Kristian White het haar op 17 Mei geskok na die polisie na die ouetehuis ontbied is omdat Nowland met ‘n mes in haar hand geloop het. Sy het haar loopring gebruik om nader aan die polisie te gaan, waarop sy geskok is.

Die voorval is op die skokstokkamera opgeneem, maar is nie openbaar gemaak nie.

Die polisie het nou besluit om ontslae te raak van die skokstokke met kameras en eerder nuwe skokstokke sonder enige kameras aan al die polisiebeamptes te gee.

White word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding en dat hy roekeloos liggaamlike skade aangerig het. Hy sal na verwagting die aanklagtes teenstaan en is steeds geskors, met betaling, by sy werk.

Bronne: Daily Mail, Yahoo News, Twitter, Pedestrian TV

Lees ook: Polisiebeampte wat vrou (95) glo geskok het kan aangekla word van moord

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief