GQEBERHA, OOS-KAAP. – Die polisie sal op Vrydag 14 Junie om 10:00 ‘n veiling hou waartydens verskeie items aangekoop kan word.
Kol. Priscilla Naidu sê besigtiging kan op Donderdag 13 Junie, tussen 09:00 en 14:00, by Southdene Auction Centre in Forrest Hill-rylaan agter die lughawe gedoen word.
Alle voornemende kopers moet op die dag van die veiling registreer, wat die bewys van identiteit en woonadres vereis. Daar is geen registrasiefooie nie. Die voorwaardes van aankope kan op die dag van die veiling van die afslaer verkry word. Vir aankoop van televisiestelle moet ‘n wettige TV-lisensie getoon word.
Die items wat op die veiling aangebied word, sluit fietse, televisies, gereedskap en elektroniese ware in.
AO Gerhard Fourie van Mount Road-polisie kan vir verdere navrae by 083 448 3207 gebel word of deur e-pos by [email protected] bereik word.





