Lees ook: 23 kinders wat voedselprodukte by spazawinkels gekoop het in Gauteng dood – Lesufi
CHRISTIANA. – Tien verdagtes wat glo rooftogte by petrolstasies op Warrenton beplan het, is Saterdag op Christiana in hegtenis geneem.
Die Kimberley-blitspatrollie en Hartswater-hoofwegpatrollie het saam met ander polisie-eenhede gewerk om die tien verdagtes aan te keer. ’n Pistool is in ’n verdagte voertuig gekry, asook verskeie stukke gereedskap wat glo in die beplande rowe gebruik sou word.
Die verdagtes, tussen 40 en 65 jaar oud, is van die Oos-Rand in Gauteng. Hulle word ook ondersoek vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, besit van huisbraakgereedskap en die oortreding van die Immigrasiewet.
Bronne: SAPD
Lees ook: 23 kinders wat voedselprodukte by spazawinkels gekoop het in Gauteng dood – Lesufi





