Lees ook: Vyf mans in KZN doodgekap
Die polisie van SAPD-Erasmia het gister inligting ontvang oor ’n voertuig wat agterdog wek in die Brooklyn-gebied.
Die polisie het die voertuig probeer voorkeer, waarna die verdagtes op hulle begin skiet het en gevlug het.
Tydens ’n hoëspoedjaagtog het die verdagtes en die polisie op mekaar geskiet. Die polisie het een van die bande van die voertuig naby die Mooiplaas- informele nedersetting raakgeskiet om die voertuig te laat stop. Een van die koeëls het een van die verdagtes deur die kattebak van die voertuig getref. Hy is op die toneel oorlede. Die ander vier verdagtes het te voet gevlug en is steeds nie gekry nie.
Die voertuig is opgeëis en drie sakke koperkabels tot die waarde van R60 000 is in die voertuig gevind.
’n Persoon het later by die Pretoria-Wes-polisiestasie opgedaag en het gesê hy is gekaap. Hy is vir verdere ondervraging ingeneem.
Sake van poging tot moord en peuter met noodsaaklike infrastruktuur is oopgemaak en word ondersoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vyf mans in KZN doodgekap