Polisie loods mannejag nadat vervoerminister Chikunga op N3 beroof is

Lees ook :

Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, en haar lyfwagte is Maandag op die N3 beroof. (Fotobron: eNCA)

LEES OOK: Onafhanklike verslag spoeg vuur oor Universiteit van Kaapstad se leierskap

Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, en haar lyfwagte is Maandag op die N3 beroof. Die minister en haar veiligheidsbeamptes het Maandag in die vroeë oggendure langs die snelweg stilgehou om ‘n stukkende band om te ruil, toe drie gewapende mans hulle uit die bosse aangeval het. 

Die polisie het ‘n soektog na die verdagtes geloods. Brig. Athlenda Mathe het in ‘n verklaring gesê persoonlike besittings en twee SAPD-dienspistole is tydens die voorval gesteel. 

“Betrokke lede ontvang die nodige ondersteuning en berading,” het Mathe gesê. “‘n Mannejag is sedertdien geloods na hierdie voorval om diegene wat verantwoordelik is hiervoor vas te trek.”

#Vervoer #Minister #Roof #Mannejag #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: eNCA; EWN.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief