Polisie-Nyala by Empolweni uitgebrand

Lees ook :

Foto: WAAR Brandit INNIE KAAP

WES-KAAP. – ‘n Nyala van die polisie is Woensdagaand omstreeks 20:40 deur betogers in Baden Powell-rylaan by die Empolweni- onwettige nedersetting aan die brand gesteek. Die voorval word ondersoek.

Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits Makhaza‑polisiebeamptes het ’n saak van poging tot moord, openbare geweld en kwaadwillige beskadiging van eiendom geregistreer. Polisielede van die openbare orde polisiëringseenheid (OOP) het ‘n betoging gemonitor waar sowat 180 ontevrede gemeenskapslede teenwoordig was. Die skare is na bewering met die Nyala teruggedruk. Terwyl die voertuig teruggedraai het na Baden Powell-rylaan, het die beamptes rook binne die voertuig opgemerk en vinnig uitgeklim toe hulle besef het dit brand. Die Nyala is heeltemal deur die brand vernietig.

Die brandweer en reddingsdienste is ontbied om die vuur te blus. Geen beamptes het beserings opgedoen nie.

Die Wes-Kaapse polisie, onder leiding van lt.genl. (adv.) Thembisile Patekile, het Woensdag deur die dag ‘n veldtog vir ‘n veiliger feestyd in dié provinsie geloods. Volgens Patekile is die bekendstelling ’n omvattende, provinsiale veldtog om die veiligheid van inwoners en besoekers gedurende die feestyd, ’n tydperk waarin misdaad dikwels toeneem, te verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief