Polisie-offisier beskuldig van verkragting van minderjarige

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Luitenant-kolonel (46) in die polisie, verbonde aan die Kimberley-blitspatrollie, word van die verkragting van ‘n minderjarige op 12 Augustus op De Aar beskuldig.

Kol. Cherelle Ehlers sê die insident word deur Opod, die polisiewaghond, ondersoek.

Ehlers sê maj.genl. Luntu Ngubelanga, die waarnemende provinsiale kommissaris in die provinsie, en die bestuur veroordeel enige vorm van kriminaliteit in die polisie, veral waar dit vroue, kinders en weerlose persone behels. Geen polisielid is bokant die wet verhewe nie en daar word van lede verwag om ‘n voorbeeld te wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief