Polisie ondersoek dubbele moord en poging tot moord

Lees ook :

fotokrediet: Canva

GQEBERHA. – Die polisie is besig om die moord van ’n man en tiener en poging tot moord van ’n seun te ondersoek wat op Vrydag in KwaZajeke plaasgevind het.

Lees ook: Seun (6) dood ná dwaalkoeël hom tref terwyl hy buite speel

Luidens die polisieverklaring het ’n man (29) in Sidindistraat, Kwazakele stilgehou om sy meisie en haar dogter af te laai nadat hulle saam met hom, sy suster (13) en sy broer (9) inkopies gaan doen het.

Die meisie en haar dogter het verskeie skote gehoor toe hulle by die huis ingaan. ’n Getuie het glo gesien hoe ses verdagtes op die motor skiet en wegvlug.

Die man en sy suster is op die toneel oorlede. Die broer is in albei bene geskiet en is na ‘n hospitaal geneem.

Die motief vir die skietery is onbekend.

Bronne: SAPD

Lees ook: Seun (6) dood ná dwaalkoeël hom tref terwyl hy buite speel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief