Brekende Nuus
Uncategorised

Polisie ondersoek moord op 11-jarige meisie in Volksrust

Foto: Rea Gazette
Foto: Rea Gazette

MPUMALANGA. – Slindile Minky Gule (11), wat as vermis aangemeld is, se liggaam is Woensdag in die Dongas, Mahhowane, ontdek. Die Volksrust-polisie ondersoek ‘n moordsaak.

Lt.kol. Jabu Ndubane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens kost. Faniswa Sibiya is Gule op 17 Augustus deur ‘n buurman gestuur om elektrisiteit by ‘n vulstasie te koop, maar sy het nooit teruggekeer nie. ’n Saak van ’n vermiste persoon is geopen. Haar liggaam is deur ’n verbyganger ontdek en die polisie is ontbied. Die meisie het veelvuldige gesigsbeserings en wurgmerke aan haar nek gehad. Daar word vermoed dat sy moontlik verkrag is, maar verdere ondersoek word afgewag.

Die voorlopige ondersoek toon dat die liggaam afgelaai (dumped) is. Die motief vir die moord is nog onbekend. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.