LEES OOK: KYK: Jong vrou in Kaapstad vertel van aanranding in Uber
KAAPSTAD. – Die Kaapstad Sentraal-polisiestasie het op 15 November 2024 ‘n roofsaak geopen nadat Chera-Lee le Roux (28) op 14 November in ‘n wit Suzuki Uber in Strandstraat, Kaapstad, aangeval is.
Le Roux was omstreeks 21:40 op pad na Groenpunt deur ‘n groep mans genader. Sy het op 14 November in ‘n Uber in Strandstraat, Kaapstad, geklim op pad na Groenpunt. By ‘n verkeerslig het drie mans in die kar gespring, haar met ‘n mes gedreig, haar probeer verkrag en al haar besittings gesteel voordat hulle gevlug het. Klik hier vir die volle storie.
Dit is bevestig deur die speurder van die saak dat die Uber-bestuurder nie nadat hy ondervra is in hegtenis geneem is nie.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Die polisie het die publiek versoek om enige inligting wat tot die oplossing van die saak kan lei, met hulle te deel. Mense wat iets weet, kan die misdaadstoplyn op 08600 10111 kontak.
Uber het steeds nie kommentaar gelewer oor die insident nie.
Die saak het ‘n groot reaksie op sosiale media ontlok, met baie mense wat hulle kommer oor die veiligheid van Uber uitgespreek het. Le Roux het al aangedui dat sy strenger maatreëls van Uber verwag om sulke voorvalle in die toekoms te voorkom.
LEES OOK: KYK: Jong vrou in Kaapstad vertel van aanranding in Uber





