SAULSVILLE. – Die polisie is op soek na drie verdagtes in verband met ‘n massaskietery in Saulsville op Saterdag.
Lees ook: 11 dood in massaskietery
Die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, het gesê die skietery hou moontlik met die taxibedryf verband.
Altesaam 12 mense is in die skietery oorlede, insluitend ‘n 3-jarige seun, 12-jarige seun en 16-jarige meisie. 14 mense is gewond.
Agt van die gewondes en die drie oorlede kinders was lede van die Khanyile-familie. Die kinders het in ‘n kamer in die taverne, waar die skietery plaasgevind het, geslaap.
Masemola het gesê een van die verdagtes is verlede September op parool vrygelaat. Hy het gesê die ander verdagtes se identiteit is ook bekend.
Bronne: eNCA, IOL, EWN
Lees ook: 11 dood in massaskietery





