Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie op soek na verdagtes ná skietery

Polisie opsoek na verdagtes ná skietery

fotokrediet: Canva
Polisie opsoek na verdagtes ná skietery fotokrediet: Canva

HAZYVIEW. – Die polisie is op soek na verdagtes nadat drie mense gisteraand in Nyongane-hoofweg in Hazyview geskiet is.

Lees ook: Kondukteur dood en verskeie beseer ná 2 treine by Machu Picchu bots

‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffers op pad deur ‘n onbekende aantal verdagtes aangeval is wat in die bosse daar naby gewag het. Hulle het glo op die slagofers se voertuig begin skiet. Die bestuurder kon vir nog 200 meter ry voordat hy teen ‘n ander voertuig gebots het en moes stop.

Die verdagtes het daarna die voertuig genader en die bestuurder en ‘n manlike passasier doodgeskiet. ‘n Vrou is in die skietery beseer.

Die motief vir die skietery is onbekend.

Bron: SAPD

Lees ook: Kondukteur dood en verskeie beseer ná 2 treine by Machu Picchu bots