Lees ook: SAPD-bomeenheid deursoek vliegtuig op Kaapstad-lughawe
DURBAN. – Die polisie in Durban is op soek na ’n SAPD-sersant wat laas op 2 Junie gesien is.
Sers. Saxon Lutchman, wat by die Durban Harbour Cargo Control werk, is laas op 2 Junie gesien toe hy sy huis in Shallcross verlaat het.
Sy voertuig is 4 Junie op die hoek van Wesley- en Cliffviewstraat in Bellair gekry. Volgens die polisie was al sy besittings nog in die voertuig.
Hy het ’n swart sweetpakbroek, wit T-hemp en swart skoene aangehad toe hy vermis geraak het.
Bronne: IOL, Facebook
Lees ook: SAPD-bomeenheid deursoek vliegtuig op Kaapstad-lughawe





