Polisie steeds op soek na juweeldiewe wat by Louvre-museum inbreek

Lees ook :

Polisie steeds op soek na juweeldiewe wat by Louvre-museum inbreek fotokrediet: Canva

PARYS, FRANKRYK. – Franse owerhede is steeds op soek na die diewe wat Sondag binne vier minute uit die Appollogalery van die Louvre-museum ingebreek het en nege items van die Franse kroonjuwele gesteel het.

Lees ook: Soektog na Louvre-juweeldiewe duur voort

‘n Kroon met meer as 1 300 diamante is kort ná die diefstal beskadig gevind op die ontsnappingroete wat die vier diewe langs die Seine gevolg het. Een van die gesteelde stukke waaroor die meeste gepraat is, is die kosbare pêrel-en-diamanttiara van keiserin Eugenie, wat ‘n huweliksgeskenk van Napoleon III aan haar was.

Kenners het gesê dit is moontlik dat die agt gesteelde items reeds “uitmekaargehaal, gesmelt, opgesny en verkoop is” wat dit moeilik sal maak om dit op te spoor.

Die Franse minister van binnelandse sake het gesê meer as 60 ondersoekers werk aan die saak. Die aanklaerskantoor het gesê hulle het beeldmateriaal van die vier diewe buite die Louvre voor die rooftog – dit wys die diewe was slegs vier minute in die museum nadat die oorspronklike tydlyn was dat die roof sewe minute geneem het.

Bronne: NBC News, BBC, ABC News

Lees ook: Soektog na Louvre-juweeldiewe duur voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief