Polisie veroordeel dood van man deur gemeenskap

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Lt.genl. Thembi Hadebe, het die dood van ‘n onbekende man in die Lebowakgomo-polisiëringsarea deur die gemeenskap veroordeel.

Brig. Hlulani Mashaba sê die polisie is Maandag na die insident ontbied. Met aankoms is die man met verskeie beserings in ‘n erf gevind. Sy hande was met draad vasgebind. Die polisie het hom losgemaak, waarna hy vir mediese aandag na die naaste hospitaal vervoer is. Hy het later aan sy beserings gesterf.

Genl. Hadebe, die provinsiale kommissaris, het dadelik ‘n ondersoek beveel. Die polisie het ‘n moorddossier geopen.

“Vigilantism is strongly condemned. No person may assault or kill a person if they suspect that the person might be guilty of a crime. Thus, we kindly ask communities to abstain from such crimes; those who do so will face severe consequences from the law,” sê Hadebe.

Enigiemand met inligting van die moord, kan sers. Millet Lotoaba by 072 576 0974 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief