LIMPOPO. – Die polisie in Limpopo is besig om sewe lasbriewe vir inhegtenisneming uit te voer, in verband met moord-vir-versekeringsuitbetalings ter waarde van sowat R10 miljoen. Slagoffers in die saak is glo verdrink en verbrand.
Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, brig. Athlenda Mathe, hou die ondersoek verband met die voormalige polisiesersant Rachel Kutumela. Die verdagtes het glo lewens- en begrafnispolisse op tien mense se lewens uitgeneem, wat later vermoor is. Drie mense is reeds Woensdagoggend in hegtenis geneem. Dit sluit twee broers en ’n sangoma in, terwyl nog arrestasies verwag word.
Kutumela is reeds in Oktober 2024 tydens die uitvoering van haar pligte as ‘n polisiebeampte in hegtenis geneem en is intussen uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontslaan. Sy bly saam met drie ander beskuldigdes – haar suster, dogter en ouer broer – in aanhouding.
Lees meer hier onder:





