OOS-KAAP. – Cade Labuschagne (24) is sedert 22 April omstreeks 14:00 weg van waar hy in die Middleton-rehabilitasiesorgsentrum was.
Kapt. Marius McCarthy sê Cookhouse-speurders soek na Labuschagne wat vermoedelik op die N10 in die rigting van Gqeberha onderweg is.
Labuschagne het donkerbruin hare en het ‘n ligte denimbroek, swart seilskoene en ‘n grys kappiebaadjie aangehad. Hy dra ‘n swart rugsak by hom.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan speur.kapt. Mvelase by 082 442 3218 kontak.
Alle inligting word vertroulik hanteer.





