WES-KAAP. – Die Wynberg-polisie vra die hulp van die publiek om Siseko Joseph en Siyabonga Keneti op te spoor.
Sers. Wesley Twigg sê op 23 April het ‘n oorledene en die twee gesoekte mans glo ‘n argument, op die hoek van Waterloo- en Carhillstraat, gehad. Die oorledene is glo aangerand en het aan sy beserings gesterf. Die twee mans is laaste in Khayelitsha en Macassar opgemerk.
Enigiemand met inligting waar hulle hulle bevind kan speur.AO Zilindile Lwana by 079 498 9937, of speur.sers. Frederick Abrahams by 079 498 9946 bel.





