Polisie vra hulp om ontbinde liggaam in Knysna te identifiseer

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Die polisie sê ’n ontbinde liggaam is Sondagoggend in ’n begraafplaas langs die N2 oorkant die Knysna- provinsiale hospitaal gevind. Die publiek se hulp word gevra om die oorledene te identifiseer of sy familie op te spoor.

AO Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê lede van die Tsitsikamma K9-eenheid was besig met patrollies toe twee mans hulle voorgekeer en na die begraafplaas geneem het. Daar het hulle die ontbinde liggaam in ’n vlak stroom ontdek. Die oorledene het ‘n grys denimbroek aangehad. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en ’n nadoodse ondersoek is reeds gedoen om die oorsaak van dood te bepaal. Die verslag word nog afgewag.

Enigiemand met relevante inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Denzil Cook, by 044 302 6652 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief