Polisie vra hulp om vermiste mans op te spoor

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Christiaan van Blerk (34) en Donovan van der Walt (25) word sedert 14 Julie vermis. Die Klerksdorp-polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om te hep om die twee mans, wat kollegas van mekaar is, op te spoor.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens inligting is die mans laas by hulle werksplek by Afrikaner Plot in Wesselstraat, Meiringspark, Klerksdorp, gesien. Hulle het die perseel in ’n wit Toyota Hilux Raider-bakkie met registrasienommer KWF254NW verlaat om onderdele in Klerksdorp Industria te gaan haal, maar het nooit teruggekeer nie. ’n Soektog is van stapel gestuur en alle leidrade is opgevolg, maar die mans kon nog nie opgespoor word nie.

Christiaan van Blerk is slank gebou, het lang bruin hare, bruin oë en is ongeveer 1,8 m lank. Hy het ’n litteken op regterwang, ’n tatoe van ‘n kruis op sy bo-arm en ’n hoefyster op sy bobeen. Donovan van der Walt is slank gebou, het bruin hare, ligblou oë, ’n swart snor en baard en is ongeveer 1,6 m lank. Hy het verskeie tatoeëermerke op sy liggaam, insluitend van ’n leeu op sy linkerhand.

Enigiemand met relevante inligting oor waar die vermiste mans opgespoor kan word, word gevra om AO Louis Harmse by 083 607 1395 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief