GAUTENG. – Die Cullinan-polisie doen ’n beroep op lede van die publiek om met enige inligting wat hulle saak kan help na vore te kom ná die ontdekking van die liggaam van ’n plaaslike sakeman.
Sers. Connie Moganedi, polisiewoordvoerder, sê die liggaam van die sakeman is deur sy broer en sakevennoot in een van die geboue op ‘n plaas aangetref, net ‘n paar meter van die hoofhuis af. Die wit Toyota-enkelkajuitbakkie van die oorledene, met registrasienommer DS 12 SZ GP, is steeds vermis en vermoedelik gesteel. Die oorsaak van die man se dood is nog onbekend en word ondersoek.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om 082 319 9673 te bel.
Sers. Moganedi sê aan Nuusflits die oorledene kan nog nie geïdentifiseer word nie.