Polisie waarsku oor gedokterde drankies en verwante misdade

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die polisie het ‘n waarskuwing uitgereik dat sindikate gedokterde drankies gebruik om mans by ontspannings- en drankplekke te bedwelm en daarna te beroof, terwyl vroue self ook slagoffers word.

Luidens ‘n verklaring van brig. Athlenda Mathe is verskeie sake gedurende die feeisseisoen in Gauteng en die Noordwes aangemeld van mans wat drankplekke saam met vroue verlaat het, beroof is en in sommige gevalle oorlede is. Die modus operandi behels dat jong vroue mans by klubs, tavernes, konserte en soortgelyke plekke teiken, hul drankies bedwelm en hulle dan na ander plekke neem waar sindikaatlede toeslaan en motors, selfone en geld buitmaak.

Die polisiediens waarsku dat oordosisse van die middels wat gebruik word om drankies te dokter, in sommige gevalle tot sterftes gelei het. “Mans word aangeraai om nie vreemdelinge by drankplekke op te tel of saam met hulle te vertrek nie,” sê Mathe.

Die polisie het verder bevestig dat vroue ook landwyd slagoffers is van gedokterde drankies – vroue is tydens of ná besoeke aan drinkplekke en nagklubs verkrag, aangerand of dood aangetref. Mathe het gesê: “Spiking van drankies, ongeag die slagoffer se geslag, is ’n ernstige misdaad met ernstige fisieke en sielkundige gevolge.”

Die polisiediens doen ’n beroep op die publiek om waaksaam te wees, saam met bekende persone uit te gaan, nie drankies onbewaak te laat nie en veilige vervoer te reël wanneer ontspanningsplekke besoek word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief