Polisie waarsku teen kapings

Lees ook :

Die polisie waarsku motoriste teen verdagtes wat voorgee dat hulle hulp nodig het en dan op hulle slagoffers toeslaan en hulle motor kaap.

Die polisie in die John Taolo Gaetsewe-area doen ‘n beroep op motoriste in Kuruman, Mothibistad en Batlharos om bedagsaam en om op die uitkyk te wees vir kapers wat motoriste in hierdie areas teiken.

Kapt. Olebogeng Tawana sê: “Gedurende Desember 2018 en vroeg in Januarie 2019 het daar twee afsonderlike kapings plaasgevind. Die modus operandi van die twee kapings verskil. In een geval gee die persoon voor dat hulp benodig word vir ’n persoon wat raak gery is. In die ander geval doen die kapers hulleself voor as rylopers. In beide gevalle word die bestuur oorval, aangerand en die motor word gesteel. Een van die voertuie is tydens ’n padblokkade in Kathu opgespoor en die ander voertuig is verlate in Batlharos gevind. Die verdagtes in beide sake is in hegtenis geneem.”

Voorkom kapings so:

    null
  • Moenie onbekende rylopers oplaai nie.
  • Wees bedag by stopstrate, asook by verkeersligte.
  • Wanneer jy die huis verlaat of tuiskom, vra dat ’n persoon by die huis vir jou die hek of/en motordeur oopmaak.
  • Motoriste word aangemoedig om nie saans of onder die invloed van alkohol rond te ry nie.
  • Motoriste word aangemoedig om die polisie te bel indien hulle voertuig in gevaarlike areas breek.
  • Installeer ’n spoorsnyer in jou motor wat die polisie sal help om jou motor op te spoor indien dit gekaap word.
  • Wees altyd bewus van jou omgewing en wees op die uitkyk vir verdagte voertuie en persone.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief