Andrew Louw, DA-premierskandidaat, het vanoggend 23 Januarie 2019 ’n oorsiginspeksie geloods by die Newton-opgaardam en behalwe ’n gebrek aan sekuriteit by die opgaardam geen redes vir ’n waterkrisis gevind nie.
Die oorsiginspeksie het met verskeie vrae begin. Raadslede het onder andere gevra of watertoevoer na die verskeie woonbuurte in Kimberley afsonderlik gestop kon word. Die werkers het bevestig dit is moontlik, maar daar is gebiede wat nie geaffekteer word wanneer die water gestop word nie. Hulle kon nie die uitbreidings wat konstant water ontvang aanwys nie.
Nog ’n vraag wou vasstel hoekom dit in sommige buurte in Kimberley asof die water oortollige chloor bevat omrede die water spierwit uit die krane kom, waarop die werkers geantwoord het dat dit suurstof is wat in die waterpyplyn vasgevang is. Die werkers het ook genoem lug is die oorsaak van gebarste waterpype en word voorkom deur die watertoevoer te bloei, maar dit nie moontlik nie, omdat die meeste van die kleppe nie werk nie.
Die werkers het die besoekers na die opgaardam vergesel waar dit vasgestel is die dam is 68.75% vol. Louw het daarna die waterpompe besoek waar gevind is een van die waterpompe het ’n geweldig waterlekkasie.
Die oorsiginspeksie het by die onvoltooide watertoevoeraanleg geëindig voordat die besoekers na die Riverton-watersuiweringsaanleg vertrek het.