Lees ook: Vrou (20) wat glo kleuter doodmaak, bly in aanhouding
KAGISO. – Sers. Tinyiko Jerry Macavele (33) het die week in die hof op ‘n aanklag van korrupsie verskyn.
Macevele was ‘n ondersoekbeampte in ‘n saak waar ‘n persoon in hegtenis geneem is vir die oortreding van ‘n beskermingsbevel. Daardie saak is later onttrek. Die verdagte in die saak het Macevele gevra vir ‘n bewys dat die saak onttrek is om vir sy werkgewer te gee.
Macevele het glo R1 000 vir die bewys gevra. Die persoon het hom R500 betaal en is glo gesê die bewys sal eers gestuur word wanneer Macavele die res van die geld kry.
Macavele is by sy werk in hegtenis geneem na hy die res van die geld ontvang het.
Die saak is tot 11 Julie uitgestel vir ‘n formele borgaansoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vrou (20) wat glo kleuter doodmaak, bly in aanhouding





