Polisiebeampte van moord op swaer beskuldig, borg geweier

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Lt.kol. Martin Wayne Elappen (56), ‘n polisiebeampte, word van die moord op Ansley Jordaan, sy swaer, op 8 Augustus beskuldig. Die Lenasia-landdroshof het Elappen se aansoek om borgtog geweier.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die beskuldigde het die oorledene en sy vrou op die betrokke dag besoek. Daar word voorts beweer Ellapen en Jordaan was in ’n argument betrokke, waartydens Jordaan glo probeer het om hom met ’n bottel te slaan. Ellapen het glo sy privaat vuurwapen uitgehaal en twee skote in die rigting van Jordaan geskiet. Jordaan het probeer vlug, maar het in die straat ineengestort. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die beskuldigde is op dieselfde dag in hegtenis geneem en by die Kliptown-polisiekantoor aangehou. Sy borgtogaansoek is afgekeur en die saak is tot 20 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief