NOORDWES. – Maj.genl. Patrick Asaneng het Woensdag sertifikate aan 20 polisiebeamptes wat as gebaretaal-tolke opgelei is in Potchefstroom oorhandig.
Kol. Adéle Myburgh sê Asaneng, die waarnemende provinsiale kommissaris, het tydens die oorhandiging die waarde van opleiding aan die ontvangers van die sertifikate beklemtoon. Hy het voorts die ontvangers gemotiveer en gesê dat Menslike Hulpbronontwikkeling ’n wederkerige simbiotiese verhouding tussen werkgewer en werknemer is, waaruit albei partye voordele trek.
“Ons is tans getuies van die voordele van opleiding en ontwikkeling wat die werknemers se kennis en vaardighede verbeter. Verder raak die organisasie meer produktief en doeltreffend, wat lei tot minder foute en klagtes teen die polisie. ’n Dowe persoon kan nou deur die polisie bygestaan word.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





