Polisiebeamptes gevonnis wat na man skiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Sersante Steffans Breytenbach (39) en Louis Venter (40) van die Vosman-polisiekantoor is deur die eMalahleni-landdroshof tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis. Die beamptes het omstreeks 20:30 op 11 Mei 2022 na ‘n man geskiet toe hy van ‘n padblokkade wegjaag.

Phaladi Shuping, woordvoerder vir die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê in ‘n verklaring die beweerde verkeersoortreder is by ‘n padblokkade gestop, maar het weggejaag terwyl ‘n boete uitgereik is. Die polisiebeamptes het die beweerde oortreder agternagesit en verskeie skote na sy voertuig geskiet toe hy nie wou stop nie. Hy het beheer oor sy voertuig verloor en tydens ‘n ongeluk liggaamlike beserings opgedoen. Die beamptes is tot vyf jaar vir poging tot moord gevonnis en 18 maande vir aanranding met die opset om ernstige liggaamlike beserings te veroorsaak.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word, wat beteken hulle sal elk vyf jaar effektief uitdien.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief