Polisiebeamptes in hof wat ‘100 sakke dagga met vangwa begelei’

Lees ook :

Foto: NVG

MPUMALANGA. – Sersante Jabulani Wisdom Mbuyane (43) en Solomon Mebo (49), asook konst. Levandre LaReservee (32) van die Witrivier-polisiekantoor, het op 10 Junie op aanklag van regsverydeling in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat ‘n polisievangwa glo gebruik is om ‘n voertuig met sakke dagga te begelei.

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die NVG, sê die beamptes is in hegtenis geneem nadat inligting oor polisiebetrokkenheid by die onwettige vervoer van dwelms ontvang is. ’n Polisievangwa is na bewering gebruik om ’n voertuig met sakke dagga langs die N4 naby die Matsulu T-aansluiting te begelei. Albei voertuie is onderskep en meer as 100 sakke dagga gevind.

Die verdagtes was ten tyde van die voorval aan diens, in volle uniform en in ’n gemerkte polisievoertuig. Al drie is op R1 500 borgtog vrygelaat. Die saak is vir verdere ondersoek tot 25 Julie uitgestel.

In ’n verwante saak het twee ander verdagtes, Joseph Joel Mamba (44) en Monica Zwane (34), wat glo die dagga vervoer het, ook op aanklagte van dwelmhandel in dieselfde hof voorgekom. Hulle bly in aanhouding en sal op 17 Junie vir ’n formele borgtogaansoek terugkeer hof toe.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief