Polisiebeamptes wat ‘huisroofklagte’ ondersoek, sterf

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Konstabels Sipho Mohapi (45) en Gedione Motloung (39), beide met meer as 12 jaar diens, is Saterdag doodgeskiet toe hulle ‘n klagte van beweerde huisroof ondersoek het.

Brig. Motantsi Makhele sê die Namahadi-beamptes was aan diens tydens die insident. ‘n Ondersoek deur die Valke is van stapel gestuur om diegene wat vir die dood van die beamptes verantwoordelik is, aan die pen te laat ry.

Enigiemand met relevante inligting om met die ondersoek te help, word gevra om kapt. Masekoa by 082 455 6063 te bel. 

““Hierdie sinnelose daad van geweld het ons organisasie en die Namahadi-gemeenskap in skok en rou gelaat. Ons betuig ons innige meegevoel met die families, vriende en kollegas van ons gevalle helde gedurende hierdie ongelooflike moeilike tyd,” sê lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale kommissaris.

 

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief