GAUTENG. – Firoz Cachalia, die waarnemende polisieminister, het kommer uitgespreek oor ’n mediakonferensie wat Sondag deur lt.genl. Daphney Semakaleng Manamela, die geskorsde provinsiale polisiekommissaris van Mpumalanga, gehou is.
Kamogelo Mogotsi, die ministeriële woordvoerder, sê die minister het benadruk dat die konferensie nie voldoen het aan die polisie se gevestigde mediakommunikasieprotokolle nie, soos uiteengesit in Nasionale Instruksie 5 van 2017. Volgens die minister moet alle lede van die polisie, veral senior beamptes, streng by hierdie reëls hou wanneer hulle met die media kommunikeer. Enige bewerings van wangedrag of korrupsie moet deur die regte kanale hanteer word, insluitend die Madlanga-kommissie.
Die ministerie sê nie-nakoming van hierdie riglyne kan as wangedrag beskou word.
Lees meer hier onder:





