VRYSTAAT. – ‘n Polisiekaptein (52) en sy vrou (50) is vir beweerde bedrog ná leuens aan werksoekers oor werk op ‘n myn in Matjhabeng in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Stephen Thakeng het die slagoffers, wat toe nooit soos belowe was in diens geneem is nie, in Junie 2022 ‘n saak van bedrog by die Odendaalsrus-polisiestasie gemaak. Die kaptein en sy vrou is gister omstreeks 10:50 in hegtenis geneem en het in die landdroshof verskyn waar beide borg van R500 elk toegestaan is.
Die saak is is tot 12 Maat uitgestel sodat regsverteenwoordiging bekom kan word.
‘n Lasbrief vir inhegtenisneming is vir Tsediso Emmanuel Matsosa, ‘n subkontrakteur by ‘n myn in Matshabeng uitgereik. Enigiemand wat weet waar Matsosa hom bevind, kan met speur.konst. Tsietsi Tlali by die provinsiale teen-korrupsie-eenheid by 071 682 5071 in aanraking kom.





