Polisiekaptein skiet glo vriendin en toe homself

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – ’n Ondersoek na moord en ’n geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur nadat ’n polisiekaptein (53) Saterdag in Grootvlei glo eers sy vriendin (39) doodgeskiet en daarna selfdood gepleeg het.

Kol. Mavela Masondo sê volgens voorlopige inligting is die kaptein, wat by die Bethal-polisiestasie werksaam was, na sy vriendin se woning waar sy saam met haar suster was. Nadat hulle glo nie die deur wou oopmaak nie, het hy na bewering ’n venster gebreek om toegang te verkry. Daar is gerapporteer dat hy die suster uit die huis gedwing het en alleen met die vriendin agtergebly het.

Die suster het hulp gaan soek en die polisie is na die toneel ontbied. Met hul aankoms het beamptes die polisiekaptein en sy vriendin met skietwonde in die huis aangetref. Hulle is op die toneel dood verklaar. Die kaptein se dienswapen is op die toneel gevind.

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi, die provinsiale polisiekommissaris, het sy medelye met die families van die oorledenes uitgespreek. Hy het ook ’n beroep op polisielede gedoen om van die Werknemer Gesondheid- en Welstandsdienste (EHW) gebruik te maak wanneer hulle persoonlike of werksverwante uitdagings ervaar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief