Polisiekonstabel vas wat aan Chesnay Keppler-moordsaak gekoppel is

Lees ook :

Foto: Gauteng Department of Community Safety

GAUTENG. – ‘n Polisiekonstabel (35), verbonde aan die misdaadvoorkomingseenheid van Eldorado Park-polisiekantoor, is vandag (Vrydag) deur Opod in hegtenis geneem. Hy word van poging tot moord en versuim om ‘n misdaadtoneel aan Opod te rapporteer, aangekla. Sy saak is aan die moordsaak van Chesnay Keppler (22) gekoppel.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê Keppler, ‘n Gautengse crime warden, is gedurende Desember verlede jaar glo deur Mandla Buthelezi, haar kêrel, met sy dienswapen doodgeskiet. Buthelezi, wat destyds ook by Eldorado Park-polisiekanoor gestasioneer was, is tans op borgtog vry. Volgens Opod was die konstabel saam met Buthelezi tydens die voorval. Hy het ‘n rusie met Keppler se drie vriende gehad, waarna hy hulle glo aangerand het. Skote is in hulle rigting geskiet en hulle het die toneel verlaat.

Die konstabel word deur aanklagte van poging tot moord, regsverydeling en oortreding van artikels 29(1) en 33(3) van die Opod-wet in die gesig gestaar. Die konstabel bly in aanhouding en sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief