Polisielede vir Spele na Frankryk ontplooi

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Vyftien polisielede, sewe vroue en agt mans, het Woensdagaand vir die duur van die Olimpiese Spele na Frankryk vertrek. Hulle sal met polisiëringspligte bystand verleen.

Brig. Athlenda Mathe sê genl. Fannie Masemola het die lede van openbare orde polisiëring (OOP) sterkte toegewens vir die uitvoering van hulle polisiefunksies tydens die Olimpiese Spele in Parys.

“Die SAPD is die enigste SAOG-wetstoepassingsagentskap wat deelneem aan hierdie geleentheid om vaardigheid met betrekking tot skarebestuurbeheervermoëns te deel. Dit is na aanleiding van ‘n versoek van die Franse regering vir sekuriteitsbeamptes en SAPD-lede om ondersteuning aan sy Binnelandse Sekuriteit te bied op koste van die Franse regering.”

Mathe sê die lede is van al nege provinsies gekies en het meer as 10 jaar ondervinding in die eenheid.

“Ons Openbare Orde-polisiebeamptes was betrokke by die polisiëring van verskeie wêreldklasgeleenthede, insluitend die Brics-beraad en Agoa wat sonder voorval en ontwrigting plaasgevind het. Ons is vol vertroue dat hierdie geleentheid lede sal toelaat om terug te kom om vaardighede en kennis aan ander lede oor te dra wat ons sal help om die polisiëring van groot byeenkomste en skares te verbeter,” het genl. Fannie Masemola gesê.

“Aan ons manne en vroue in blou – sterkte en alle voorspoed met hierdie missie, ons vertrou julle sal die land met trots en professionaliteit verteenwoordig! Hou aan om die SAPD- en SA-vlag hoog te laat wapper.”

Foto: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief