Polisielid doodgeskiet, nog gewond

Lees ook :

Foto: Soos per WhatsApp ontvang

OOS-KAAP. – ‘n Konstabel (35) is doodgeskiet en meer polisielede is gewond in ‘n sakeroof in die vroeë oggendure by ‘n vulstasie in die Mbizana-sakegebied.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die polisielede het met drie verskillende voertuie van ‘n misdaadtoneel gekom toe hulle na bewering deur ‘n groep van ongeveer 20 verdagtes in ‘n lokval langs die vulstasie gelei is. Die verdagtes het na die drie voertuie met polisielede geskiet waartydens een lid gedood en meer gewond is. Die verdagtes het glo ná die skietery die polisiewapens gebuit en sonder sukses probeer om die kluis van die vulstasie op te blaas.

Sake van moord, poging tot moord en sakeroof word deur die Valke ondersoek.

Mawisa sê die oorledene se naam word weerhou totdat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief