Polisieman doodgeskiet, verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: Op lêer

OOS-KAAP. – ‘n Adjudant-offisier (59) is Maandagmiddag in Chaplainstraat in Ngqeleni deur twee verdagtes oorval en doodgeskiet.

AO Majola Nkohli sê een van die verdagtes was glo gewapen. Die polisielid is geskiet, waarna sy dienspistool gesteel is.

Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom.

“Hierdie voorval word gesien as ‘n aanval op die gesag van die staat. Ons wil graag die publiek verseker dat ons ons bes sal doen om te verseker dat oortreders strafregtelik aangekla word. Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens herinner polisiebeamptes daaraan om te alle tye waaksaam en wakker te wees, want misdadigers is brutaal en sal nie twee keer dink om ons aan te val nie,” sê lt.genl. Nomthetheleli Mene, wat ook medelye aan die familie van die gevalle polisieman uitgespreek het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief