Lees ook: Moordverdagte in Ben Gumbi-saak borg geweier
BARBERTON, MPUMALANGA. – ‘n Polisieman wat glo sy vrou met ‘n bottel doodgesteek het by ‘n verjaarsdagviering is in hegtenis geneem.
Konst. Lucky Sandlile Maduna (38) word aangekla van die moord op Nonkululeko Mtshweni (28). Die paar was Dinsdagoggend by ‘n taverne in Barberton vir ‘n verjaarsdagviering toe hulle begin stry het.
Maduna het glo sy vrou geklap en sy het op die vloer geval. Hy het haar toe glo met ‘n bierbottel geslaan. Daarna het hy glo ‘n whiskybottel uit sy voertuig gaan haal, waarmee hy haar geslaan het tot dit gebreek het. Hy het toe glo die gebreekte bottel gebruik om haar in die nek te steek tot sy ophou beweeg het.
Mtshweni se vriendin het probeer help, maar is ook glo in die gesig en nek gesteek en is in ‘n kritiekte toestand na ‘n hospitaal geneem.
Maduna is op die toneel in hegtenis geneem en sal na verwagting op 11 Oktober om borg aansoek doen.
Bronne: IOL, Algoa FM, EWN





