Polisierekruut toe al die tyd in KZN

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Tristan Chowles (23), die polisierekruut wat vermis was, is ongedeerd deur sy ouers en polisie in KwaZulu-Natal opgespoor.

Brig. Athlenda Mathe sê die SAPD ondersoek die omstandighede van Chowles se afwesigheid van die opleidingsakademie. Hy is afwesig sonder dat magtiging aan hom toegestaan is.

“Enige growwe wangedrag sal volgens die memorandum van ooreenkoms tussen die SAPD en die leerling hanteer word.”

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Tristan Chowles (23) word sedert 19 September vermis na hy uit ‘n Pretoria-hospitaal ontslaan is.

Brig. Athlenda Mathe sê Chowles is ‘n polisierekruut wat tans besig is met sy nege maande basiese opleiding by die SAPD Tshwane Akademie.

Chowles is Donderdag uit die hospitaal ontslaan, waarna hy vermis is. ‘n Saak van ‘n vermiste persoon is by Garsfontein-polisie oopgemaak. Hy is 1.78 m lank, het kort blonde hare en blou oë.

“Die omstandighede rondom sy verdwyning word tans ondersoek en die polisie het sedertdien maksimum hulpbronne gemobiliseer om hierdie vermiste leerling op te spoor.”

Enigiemand met inligting oor waar Chowles hom bevind, kan lt.kol. Tibane by 082 822 8338 bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App