Lees ook: Liggaam van onbekende man langs pad gevind
ZWELITSHA. – ’n Polisiesersant is een van vier persone wat in ’n motorongeluk tussen vyf voertuie gesterf het.
Vyf voertuie was Vrydagaand op die N2 tussen Butterworth en Oos-Londen in ‘n ongeluk betrokke. Vier mense tussen 28 en 68 jaar is in die ongeluk oorlede. Twee insittendes (59 en 60) is na ‘n hospitaal geneem met ernstige beserings.
Die rede vir die ongeluk word ondersoek. ’n Saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur is oopgemaak.
Bronne: SAPD





