OOS-KAAP. – Sers. Gcobolwethu Kedama, verbonde aan Tylden-polisie, het op aanklagte van korrupsie, omkopery en veediefstal in die Cathcart-landdroshof verskyn. Kedama bly in aanhouding.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê volgens inligting het die sersant glo vier bokke, ter waarde van R11 000, met ‘n staatsvoertuig gesteel. Boonop het hy ‘n persoon wat die beweerde misdaad gesien gebeur het, jprobeer omkoop. Kedama is Sondag deur die teenkorrupsie-eenheid in Queenstown gearresteer.
Sers. Kedama het Dinsdag op die aanklagte teen hom in die hof verskyn. Die saak is vir formele borgtogaansoek tot 17 Oktober uitgestel.





