Politici gekritiseer ná feitesending na Israel

Lees ook :

Politici gekritiseer na Israel-feit soekery fotokrediet: Canva

’n Afvaardiging wat onlangs na Israel gereis het vir ’n “feitesending” het skerp kritiek en eise vir ’n parlementêre ondersoek ontlok.

Lees ook: Israeliese lugaanval tref laaste funksionerende hospitaal in Gaza

Lede van die DA, PA, ACDP en kerkleiers het na Israel gereis waar hulle met Israeliese wetmakers vergader het en gemeenskappe besoek het wat op 7 Oktober 2023 deur Hamas aangeval is.

Die ANC het die besoek veroordeel en het gesê dit is ’n “duidelike ondersteuning van Israel se beleid van rasseskeiding en onderdrukking terwyl dit probeer om die apartheid wat Palestynse burgers deurgaan, te onderspeel”.

Die EFF het ’n ondersoek aangaande die besoek aan Israel geëis en het dit as “hoogverraad” beskryf. Hulle het gesê: “Hulle het met diplomatieke paspoorte as verteenwoordigers van Suid-Afrika gereis na ’n land wat ons eie regering vir volksmoord na die Internasionale Geregshof geneem het. Dit is nie net moreel verkeerd nie, maar ’n moontlike probleem vir ons nasionale sekuriteit, aangesien ons klaar ’n teiken geword het vir Israel se wit-oppermag-bondgenoot, Donald Trump”.

Die Media Review Network, ’n waghond vir menseregte en internasionale beleid, het ook gesê die besoek moet ondersoek word.

Volgens IOL het die DA gesê die reis is deur individue gereël in hulle privaat hoedanigheid en die PA het gesê die besoek was nie ’n “geheim” nie.

Dirco het nie kennis gedra van die besoek nie.

Bronne: IOL, Columbus Jewish News, Bona Magazine

Lees ook: Israeliese lugaanval tref laaste funksionerende hospitaal in Gaza

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief