Israeliese lugaanval tref laaste funksionerende hospitaal in Gaza

Lees ook :

fotokrediet: Canva

GAZA. – ’n Israeliese lugaanval het gister (Sondag) die laaste funksionerende hospitaal in Gaza getref.

Lees ook: Minstens 27 mense dood in Israeliese lugaanval op Gaza-skool

Geen sterftes is aangemeld nie, maar verskeie dele van die Al-Ahli Baptist-hospitaal is beskadig, insluitend die noodgevalle- en die ontvangsarea.

Volgens die WGO is die hospitaal se apteek vernietig en sowat 50 pasiënte moes na ander hospitale geneem word terwyl 40 in ‘n kritieke toestand nie geskuif kon word nie.

Die Israeliese weermag het gesê dit het ’n “beheer-en-kontrolesentrum van Hamas aangeval” en dat stappe gedoen is om seker te maak burgerlikes word nie beseer nie.

Bronne: CNN, BBC, CBS News

Lees ook: Minstens 27 mense dood in Israeliese lugaanval op Gaza-skool

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief