Verskeie politieke partye is ongelukkig na die DA gesê het die skrap van die BTW-verhoging is die gevolg van hulle regsaksie.
Lees ook: BTW-verhoging geskrap
Steenhuisen het in ’n onderhoud gesê: “Ek dink dis duidelik, ons was van die begin af gekant teen die BTW-verhoging”. Hy het ook gesê: “As dit nie vir die regsaksie was en Tesourie se slegte dag in die hof waar dit bewys is hulle argumente het geen traksie nie, sou daar geen volte-face van die finansminister gewees het nie”.
11 politieke partye wat die begroting ondersteun het, het gesê die DA wou die begroting gebruik het as ’n manier om die minister van finansies “af te pers”.
Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, het gesê samesprekings tussen die partye wat gelei het daartoe dat Enoch Godongwana ingestem het om die BTW-verhoging te skrap, het gegaan oor hoe om die DA te keer om die begroting te gebruik om in die RNE te wen. Die DA het voorheen gesê dit sal stem vir die begroting as die Bela-wet, NHI en onteieningswet geskrap word.
Kenny Kunene van die PA het ook gesê die DA wou die begroting gebruik om die RNE af te pers en dat hulle geen “morele gesag het” om te sê dit was oor hulle dat die BTW-verhoging geskrap is nie, want hulle was nie deel van die samesprekings nie.
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het gesê die BTW-verhoging is geskrap oor samesprekings tussen partye.
Bronne: IOL, TimesLIVE, EWN
Lees ook: BTW-verhoging geskrap





