Politieke partye teiken Wesbank na bewerings oor diskriminasie teen swart kliënte

Lees ook :

Politieke partye teiken Wesbank na bewerings oor diskriminasie teen swart kliënte
Politieke partye teiken Wesbank na bewerings oor diskriminasie teen swart kliënte fotokrediet: Canva

Lees ook: Investec enigste Suid-Afrikaanse bank beskuldig in ‘randmanipulasiesaak’

Die politieke partye Action SA en die African Transformation Movement teiken nou Wesbank en sê die koppe moet rol na bewerings oor ‘n stelsel wat swart kliënte meer geld vra.

‘n Artikel in die Sunday Independent het beweer ‘n voormalige Wesbank-werknemer het hulle vertel van ‘n stelsel was swart kliënte by die bank teiken om meer te betaal. Die werknemer het gesê die bank gebruik ‘n sekere stelsel om die rentekoers vir die kliënte te bepaal.

ActionSA het gesê dit gaan aan die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie skryf om die bewerings te ondersoek.

Die African Transformation Movement het gesê Wesbank moet die aantygings aanspreek en stappe neem om enige diskriminasie uit te wis.

Wesbank het die aantygings ontken.

Bronne: IOL, SABC, Politics Web

Lees ook: Investec enigste Suid-Afrikaanse bank beskuldig in ‘randmanipulasiesaak’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief