Opposisiepartye het die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingtoespraak verwerp oor die verhoging in BTW.
Lees ook: Kyk hier die begrotingtoespraak
Godongwana het gister sy begrotingtoespraak gelewer waarin hy voorgestel het BTW moet met 0.5% verhoog word in 2025/26 en dan met nog 0.5% in 2026/27.
Die DA het geweier om die begroting te aanvaar soos wat dit tans is en John Steenhuisen het gesê die party het dit duidelik gemaak dit sal nie ‘n verhoging in BTW aanvaar nie.
Die EFF het ook die begroting verwerp en het gesê die lede van die parlement het die mag om die begroting te verander. Die EFF het uitgereik na die DA en het gesê as hulle ernstig is om die BTW-verhoging te verwerp, moet hulle met die ander opposisiepartye vergader om die begroting te verander.
ActionSA, Build One SA en die MK-party het ook die begroting oor die verhoging in BTW verwerp.
Bronne: Polity, IOL, Briefly
Lees ook: Kyk hier die begrotingtoespraak