Politikus buite huis doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Mncedisi Gijana (58), ‘n ANC-politikus, is Maandagaand in KwaBhaca doodgeskiet nadat gewapende verdagtes ‘n huis bestorm het.

AO Majola Nkohli sê daar word na minstens drie verdagtes gesoek. Twee mans met gewere het omstreeks 19:30 die huis bestorm en drie persone in die huis met kabelbinders vasgemaak. Die verdagtes het die slagoffers met die wapens gedreig. Die slagoffers is van hulle selfone beroof, waarna die derde verdagte ook die huis binnegegaan het.

“Daar word gesê dat die huiseienaar, wat toe nie by die huis was nie, later opgedaag het en deur die drie verdagtes aangeval is.”

Nkhohli sê volgens inligting is dit onbekend wat buite die huis gebeur het, maar skote is gehoor. Die slagoffers wat vasgemaak was, kon hulle na ‘n ruk loswikkel en het op Gijana se lewelose liggaam in een van die woonstelle buite afgekom.

“Later is agtergekom dat die verdagtes items soos bankkaarte, huissleutels en ‘n gesinsvoertuig gesteel het, wat later enkele kilometers daarvandaan verlate gevind is.”

Nkhohli sê sake van moord met ‘n addisionele klagte van huisroof is geopen en daar word steeds na die verdagtes gesoek.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekspan by 071 475 2292 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief