LUANDA, ANGOLA. — Pous Leo XIV het Saterdag gesê dit is nie in sy belang om in ‘n debat te tree met die Amerikaanse president Donald Trump nie.
Hy het beklemtoon dat sy besoek aan Afrika nie op ’n persoonlike botsing gefokus is nie, maar op vredesbou.
Pous Leo, die eerste Amerikaanse pous, het met joernaliste aan boord van die pouslike vliegtuig van Kameroen na Angola gepraat. In die onderhoud het hy gesê die “politieke situasie” wat deur Trump se aanvalle op hom veroorsaak is, het gelei tot onakkurate kommentaar tydens sy 11-dag lange Afrika-toer.
Trump het ’n skerp aanval teen die pous op sy Truth Social-platform geloods, met kritiek wat vir verskeie dae voortgeduur het. Dit was net voordat die pous op 13 April op sy vierland-toer vertrek het.
Volgens pous Leo het Trump se stellings oor sy besoek op die eerste dag van sy reis ’n politieke situasie laat ontstaan.
“Baie van wat sedertdien geskryf is, was meer kommentaar op kommentaar, wat probeer om te interpreteer wat gesê is,” het die pous ten slotte gesê.
Bron: CNN
The New York Times





