Brekende Nuus
Afrikaans

President Cyril Ramaphosa spreek kommer uit oor VSA-tariewe

President Cyril Ramaphosa spreek kommer uit oor VSA-tariewe

fotokrediet: Canva
President Cyril Ramaphosa spreek kommer uit oor VSA-tariewe fotokrediet: Canva

President Cyril Ramaphosa het kommer uitgespreek oor die VSA se 30%-handelstarief op Suid-Afrikaanse goedere.

Lees ook: Trump se 30%-handelstarief op SA ingestel

Hy het gesê Suid-Afrika sal aanhou om met die Amerikaanse regering te onderhandel en het ’n nuwe voorstel ingedien wat die handels-en beleggingverhouding tussen die lande sal verbeter. Alle kanale van kommunikasie is oop om met die VSA te onderhandel en die onderhandelaars is gereed en wag vir ’n uitnodiging van die VSA.

Die 30%-tarief sal oor sewe dae ingestel word, dus op 8 Augustus.

Ramaphosa het gesê die regering is besig om ’n pakket te finaliseer om maatskappye te ondersteun wat deur die tariewe geraak sal word. Die pakket bestaan uit voorsorgmaatreëls om die maatskappye, vervaardigers en werkers wat deur die tariewe beïnvloed sal word, te help. Meer inligting oor die maatreëls sal later vrygestel word.

Bronne: Die Presidensie

Lees ook: Trump se 30%-handelstarief op SA ingestel